Dis Ek, Anna Reviews

  • Sep 27, 2017

    Dis ek, Anna is ? besonderse film. Voor ek verder gaan, moet ek ? persepsie wat mense sal keer om die film te sien, uit die weg ruim. Dis ek, Anna is nié ? uitmergelende film wat jou onnodig traumatiseer nie. Ja, die onderwerp is gewigtig (dog belangrik), en regisseur Sara Blecher ontsien nie noodwendig jou gevoelens nie. As kyker word jy egter nie verniel nie. Sy het ? goeie balans gevind. Soms word daar gewerk met blote suggestie, ? grillerige glimlag (selfs die gebruik van die uitdrukking "allamapstieks") of klanke in ? ander vertrek. Oliver Hermanus se briljante Skoonheid was vir my baie meer traumaties. Gaan kyk dus Dis ek, Anna. Toe. Blecher het gekies om weg te bly van die glansbehandeling, die o-so-versigtig-gestileerde lang skote en die uitgedoofde kleure wat so gewild is deesdae. Dit was ? goeie keuse. Dis ek, Anna word gedra deur eerlike storievertelling en uiters geloofwaardige vertolkings. Dit is nie te sê die film is gestroop van enige filmtegniek nie. Dis ek, Anna is byvoorbeeld vol simboliek. Die gebruik van spieëls om dualiteit aan te dui en rook as ? kruk vir sukkelende karakters is opvallend. Haar aanvaller/stiefpa en haar redder/advokaat troos haar op ? soortgelyke manier - hul agendas verskil wel hemelsbreed. Wanneer Anna die eerste keer verkrag word, gebeur dit waar sy voor haar pophuis lê. Na die insident maak sy die pophuis se deure toe. Haar kindertyd is oor. Die 1970's/1980's-stilering is in die kol. Van die klere tot die meubels tot die eetgerei is alles versigtig gekies. Die akteurs, van gesout tot nat agter die ore, is almal uitstaande. Morné Visser se Danie du Toit/pedofiel is een oomblik tipies-Afrikaner-oom-sjarmant, maar die volgende oomblik ? glibberige ongedierte. Nicola Hanekom maak seker jy hou niks van die apatiese Johanna du Toit nie. Marius Weyers is Marius Weyers - met ander woorde, uitstekend. Izel Bezuidenhout kry volpunte. Op haar jong ouderdom vertolk sy kinderlike onskuld, tienerrebellie en onbeheerste woede besonder suksesvol. Charlene Brouwer se volwasse Anna is yskoud en afgeslote, met ? weerloosheid en chaos wat net onder die oppervlak broei. Daar is baie min omtrent die film wat gepla het. Een of twee skote kon korter gewees het; hier en daar is dit sentimenteel. Daar is nie veel van ? vonk tussen Anna en haar advokaat nie. Dit doen nie afbreuk aan die film of die belangrike boodskap wat dit verkondig nie. Die Film and Publication Board het oorspronklik die film as 18 (L) (V) (SV) geklassifiseer. Gelukkig het Times Media Films appèl aangeteken en daarin geslaag om dit te verander na 16 (L) (V) toe. Dit is ? uiters belangrike film hierdie. Nie net hanteer dit kindermolestering met ? kaal vuis nie, maar dit plaas ? paar ander onderwerpe onder die vergrootglas. Patriargie word kwaai bygedam. So ook die apatiese/selfsugtige ma('s) wat anderpad kyk, en die kerk wat al weer God speel. Ja, dit gaan ? paar mense die herrie in maak. Goed so. Dit is hoogtyd.